
Lekker rugbyweer die naweek
Loading player...
Terwyl 'n laatwinter-kouefront oor Suider-Afrika beweeg, bevestig die Namibiese Meteorologiese Diens dat Namibië se binneland die koue heeltemal sal misloop. In die sentrale dele sal 'n hoogs stabiele atmosfeer na verwagting dagtemperature tot 'n lekker, rugby-vriendelike 27 grade Celsius hierdie naweek opstoot. Weervoorspeller Albertina Anderson.

