
Regering 'moet optree' teen hubbly bubbly, damprook, e-sigarette
Loading player...
Wetgewers doen 'n beroep op 'n algehele verbod op die invoer van hubbly bubbly, damprook-produkte en beide weggooibare en hervulbare elektroniese sigarette. Dit kom te midde van groeiende kommer oor gebruik onder leerders en die toenemende toeganklikheid van nikotienprodukte vir jongmense. Die voorsitter van die komitee oor gesondheid en maatskaplike welsyn, Joseph Sikongo het in die Nasionale Raad gesê die regering moet beslissend optree.

