
'n Belang in De Beers kan diamante weer laat glinster
Loading player...
Namibië se diamantbedryf beleef 'n skerp inkomstedaling, met dalende wêreldwye vraag, mededinging van laboratoriumgekweekte diamante, produksieverlagings deur Debmarine Namibia en internasionale handelsdruk wat die sektor knel. Voormalige Namdia-baas Kennedy Hamutenya sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die land se belangstelling om 'n belang in De Beers te verkry 'n omwenteling kan teweegbring, wat die land groter eienaarskap, toegang tot bedryfskundigheid en 'n sterker stem in die wêreldwye diamantmark kan gee.

