
Ramaphosa erken ANC se mislukkings
Loading player...
Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê die party aanvaar verantwoordelikheid vir beide die vordering wat hy gemaak het en sy regeringstekortkominge. Hy het gister die party se manifes vir die plaaslikeregeringsverkiesing in November in Johannesburg bekendgestel. Ramaphosa sê die ANC sal nie vlug voor die uitdagings wat munisipaliteite in die gesig staar nie, insluitend onbetroubare dienste, verswakkende infrastruktuur, swak leierskap, korrupsie en die aanstelling van mense sonder die vereiste vaardighede. Hy sê die vertroue van mense kan nie geërf word nie; dit moet verdien word:

