
Beloftes moet omsit in uitvoerbare infrastruktuurprojekte
Loading player...
Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê munisipale infrastruktuur is noodsaaklik vir dienslewering en ekonomiese groei. Hy het in Kaapstad by die simposium vir volhoubare infrastruktuurontwikkeling in Suid-Afrika gepraat. Die geleentheid wat tans plaasvind, bring uiteenlopende rolspelers byeen. Dit sluit in beleggers, finansiële instellings, beleidmakers, meningsvormers en ander belangrike vennote wat Suid-Afrika se infrastruktuur-beleggingsmandaat moet bevorder. Macpherson sê hulle moet beloftes omsit in uitvoerbare infrastruktuurprojekte en werkende bates:

