Ondersoekers het voorlopige bevindinge bekend gemaak oor die noodlottige girokopterongeluk waarin die bewaringskundige Jaco Muller in September naby Outjo gesterf het. Muller was op ’n waarnemingsvlug om veldbrande op te spoor toe die girokopter volgens die verslag teen ’n boom gebots het, neergestort en aan die brand geslaan het. Die…
Namibië se uitbreiding van plaaslike windkrag kan help om die land se blootstelling aan wisselende energiepryse te verminder, terwyl die druk op verbruikerskoste op lang termyn bestuur word. NamPower se besturende direkteur, Kahenge Haulofu, het dit gesê met die ingebruikneming van die N$1,5 miljard Diaz-windkragstasie naby Lüderitz, wat met elf…
’n Afvaardiging van die Epupa-kiesafdeling het ’n petisie aan die minister van nywerhede, mynbou en energie, Modestus Amutse, oorhandig oor die voorgestelde Baynes-hidrokragdam. Hulle waarsku dat die projek die lewensbestaan, kulturele erfenis en tradisionele leefwyse van die OvaHimba- en OvaTjimba-gemeenskappe langs die Kunenerivier kan bedreig. Hans-Christian Mahnke, Namibië-konsultant vir die…
ʼn Multidissiplinêre span wetstoepassers het by die OR Tambo Internasionale Lughawe beslag gelê op 250 kilogram kokaïen met ʼn geraamde straatwaarde van meer as 200-miljoen Namibiese dollar. Die dwelms het op ʼn vlug van Sao Paolo, Brasilië, in die land aangekom, met die 216 blokke in vyf tasse verpak. Die…
Namibië se vraguitvoere na Europa word steeds geraak deur SWISS WorldCargo se algehele verbod op uitvoervrag vanaf Windhoek. Bederfbare goedere, insluitend seekos en landbouprodukte, kan tans nie via hierdie diens na Europa vervoer word nie, en daar word verwag dat die beperkings tot volgende jaar van krag sal bly. Fritz…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.