
Cachalia eis geregtigheid vir Deokaran-moord
Loading player...
Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê diegene wat die moord op die fluitjieblaser, Babita Deokaran, gefinansier en daarby gebaat het, moet voor die gereg gebring word. Dit was gister vyf jaar sedert sy buite haar huis in Johannesburg doodgeskiet is nadat sy uitgebreide plundering by die Tembisa Hospitaal ontbloot het. Die Spesiale Ondersoekeenheid verbind die korrupsie met minstens drie gekoördineerde sindikate, en die sakemanne Hangwani Maumela en Vusimusi “Cat” Matlala. Cachalia sê hy het onlangs met die Valke vergader wat hom verseker die ondersoek gaan voort:

