
Tsumeb bied ook moontlike skuldafskrywings aan
Loading player...
Die Tsumeb Munisipaliteit nooi pensioenarisse, persone met gestremdhede, behoeftige huiseienaars en verteenwoordigers van onafgehandelde boedels om te registreer vir 'n moontlike skuldafskrywing. Munisipale woordvoerder Stella Imalwa waarsku dat die indien van aansoeke nie outomaties skuldverligting waarborg nie, aangesien alle voorleggings onderhewig bly aan ministeriële vereistes, administratiewe hersienings en finale konsultasies met die Tesourie. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

