
Super El Niño sit kollig op basiese inkomstetoelaag
Loading player...
Steun vir 'n universele basiese inkomstetoelaag kry momentum namate die voorspelde super El Niño-weerpatroon wêreldwye voedselsekerheid bedreig. Die verskynsel sal na verwagting ernstige droogtes en wisselvallige reënval meebring, wat miljoene mense in gevaar stel vir uiterste honger. Kosmos 94.1 Nuus het met Ben Schernick, direkteur van die Voeding- en Voedselsekuriteitsalliansie van Namibië, gepraat, wat sê 'n finansiële veiligheidsnet is nou meer as ooit nodig.

