
Landbou geteister met slenters, nuutste oor 'n tender
Loading player...
Die landbouministerie waarsku die publiek oor 'n vals tenderuitnodiging wat op sosiale media gedeel word. Volgens woordvoerder Romeo Muyunda is hulle bewus van die bedrieglike plasing wat die publiek mislei met onakkurate en misleidende inligting onder die ministerie se naam. Muyunda doen 'n beroep op die publiek om nie ongeverifieerde inligting te deel of daarop staat te maak nie.

