
'Dis op my' - Rassie
Loading player...
Die 39-jarige veelsydige voorspeler Deon Fourie kan Saterdag sy 14de toets vir Suid-Afrika speel nadat hy op die bank ingesluit is vir die wedstryd teen die All Blacks in Kaapstad. Hy het sy internasionale debuut in 2022 gemaak en by die volgende jaar se Wêreldbeker sy 13de toets gespeel. Kaptein Pieter-Steph du Toit sal die 11de Bok word wat 100 toetse bereik. As Siya Kolisi speel, sal dit die mees ervare Bok-span ooit wees, met 'n gekombineerde totaal van 1 012 wedstryde in die opdraf-15-tal wees. Intussen het afrigter Rassie Erasmus gesê hy vat Saterdag se verloor op hom.

