
Rolspelers in hernubare energie moet na gekoördineerde optrede beweeg
Loading player...
Die inkomende voorsitter van die Vereniging vir Hernubare Energie-industrie van Namibië, Paulus Mulunga, sê die hernubare energie-bedryf moet van voorspraak na gekoördineerde optrede beweeg. Mulunga sê die doel is om te verseker dat die vereniging nie net die belange van die bedryf verteenwoordig nie, maar ook help om praktiese oplossings en inisiatiewe vir die toekoms van hernubare energie in die land te bevorder. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

