Skole sport onder druk

Loading player...
Sport speel ’n groot rol in die lewe van baie Suid-Afrikaanse skole. Vir sommige leerders is dit ’n belangrike deel van hulle skoolervaring; vir ander is dit ’n ruimte waar talente ontdek en ontwikkel word. Dit bring ook skole, ouers, afrigters en gemeenskappe bymekaar. Maar die wêreld van skolesport het die afgelope tyd om verskeie redes onder die vergrootglas gekom. Jannie Pelser en gaste, Maretha Claasen, Dr. Jano de Beer en Dr Jaco Deacon bespreek hoe behoort ons oor skolesport te dink, wat is die plek daarvan in die lewe van ’n skool en, belangriker, in die lewe van ’n kind?
26 Aug Afrikaans South Africa Christianity · News

Other recent episodes

Die Christen, die Bybel en “politiek”

Kan ’n mens ’n Christen in die volle sin van die woord wees en totaal onbetrokke bly by die sake van die dag? En wat, indien enigiets, het die Bybel ons te sê oor die Christen se verhouding tot politiek en openbare verantwoordelikheid? Jannie Pelser en gaste, Prof. Fanie Snyman,…
19 Aug 52 min

Betereinders bou ’n lewende monument van hoop & die nuwe Gaza-vredespoging

Jannie Pelser en gaste, Ds. Schalk van Heerden en Ds. Johan Erasmus gesels oor die problematiek en uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar. Suid-Afrikaners uit alle lae van die samelewing word bykans daagliks daarmee gekonfronteer. Boonop verval ’n mens sommer gou-gou in ’n gees van moedeloosheid en vrees oor…
12 Aug 54 min

VSA en SA Verhoudinge

Jannie Pelser gesels met Roland Henwood en Dr. Guillaume Smit oor VSA en SA verhoudinge
5 Aug 52 min

Afrikaners in die branding

Jannie Pelser en gaste, Barend La Grange, Ds Schalk van Heerden en Frederik van Dyk gesels oor die tema: Afrikaners in Suid-Afrika: Praat ons by mekaar verby, of is daar nog gemeenskaplike grond?
22 Jul 53 min