
Vyf van ses SA burgers vermis in Nepal kom van KZN
Loading player...
Vyf van die ses Suid-Afrikaners wat vermis word na die verwoestende oorstromings in Nepal en Tibet is van KwaZulu-Natal. Die LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings, Siboniso Duma, sê die ander een is van KuGompo City in die Oos-Kaap. Minstens 270 mense is volgens berigte dood en meer as een-duisend-300 is nog nie opgespoor nie. Die departement se woordvoerder, Ndabezinhle Sibiya, sê die owerhede ondersteun die betrokke gesinne:

