Maak jou wit-leuntjie dalk seerder as die waarheid wat jy probeer wegsteek?

Loading player...
Pulane Nel-Sekepe en Madeleen Steenkamp gesels oor die effek wat jok en wit leuentjies op ’n verhouding met jou lewensmaat kan hê.

Madeleen deel ’n voorbeeld van ’n man wat ná vyf jaar uiteindelik eerlik teenoor sy vrou was oor ’n wit leuentjie. Sy was briesend – nie noodwendig oor wat hy gedoen het nie, maar omdat hy vir vyf jaar lank nie die waarheid gepraat het nie.

Leuens in ’n verhouding, selfs op klein skaal, kan maklik ’n gewoonte word wat mettertyd groei en uiteindelik tot ’n veel groter probleem lei. Wat baie mense nie besef nie, is dat die leuen wat hulle vertel om konflik te vermy oor iets wat hulle gedoen het, dikwels eerder soos petrol op die vuur werk en die situasie net verder vererger.

Dit is veral relevant vir “people pleasers”, wat dikwels so bang is om hul lewensmaat teleur te stel dat hulle eerder ’n wit leuentjie vertel. Ironies genoeg is die uiteindelike waarheid dikwels baie meer teleurstellend wanneer dit wel aan die lig kom.

Jou lewensmaat ken jou immers beter as wat jy dink – en mettertyd kom leuens gewoonlik aan die lig.
3 Sep Afrikaans South Africa Leisure · Personal Journals

Other recent episodes

Kan kommunikasie jou verhouding red?

Madeleen Steenkamp, ’n kliniese sielkundige van Bloemfontein wat in verhoudings spesialiseer, deel met ons die twee belangrikste boustene van ’n gesonde verhouding – intimiteit en kommunikasie. In hierdie gesprek verduidelik Madeleen hoe hierdie twee aspekte van kardinale belang is om ’n verhouding sterk te hou en hoe paartjies dit doelbewus…
7 Sep 12 min

Het julle dalk ook 'n 3de party in jul verhouding?

Pulane Nel-Sekepe en Madeleen Steenkamp gesels oor wie en wat alles as 'n 3de party kan indring op jou verhouding, en dit is nie noodwending 'n verneuk storie nie. Hoe jy dit hanteer as dit 'n probleem gaan raak gaan 'n groot impak hê op jou maat se reaksie, en…
5 Aug 7 min

Seer met intimiteit... is dit normaal of nie?

Madeleen Steenkamp, kliniese sielkundige van Bloemfontein, gesels met Pulane Nel-Sekepe oor 'n ongemaklike, maar belangrike onderwerp. Baie jong paartjies wat hulself vir die huwelik gespaar het, beleef 'n moeilike en hartseer wittebrood omdat daar fisiese, mediese en selfs sielkundige redes kan wees waarom intimiteit só pynlik is dat dit byna…
4 Aug 9 min

Slaaf, Baas of Spanmaats - Wie doen wat in die huis?

In die ou dae het manlief gewerk en vroulief was tuis. Die algehele tradisionele denke is dan dat vroulief wat tuis is moet kosmaak en skoonmaak en kinders grootmaak. Maar In vandag se tyd werk altwee... So wie moet dan nou daardie verantwoordelikheid kry vir huis take? Madeleen Steenkamp en…
3 Aug 10 min

Hoeveel verskil jou behoeftes van jou maat sin?

Pulane Nel-Sekepe deel 'n brokkie uit haar eie verhouding met ons, oor hoe haar en haar man se behoeftes verskil, en vra Madeleen Steenskamp se raad op die gebied. Madeleen verduidelik mooi dat 'spesies' verskil, en as ons kan aanvaar dat 'n hond wil gaan stap as behoefte, maar 'n…
30 Jul 9 min