Kan kommunikasie jou verhouding red?

Loading player...
Madeleen Steenkamp, ’n kliniese sielkundige van Bloemfontein wat in verhoudings spesialiseer, deel met ons die twee belangrikste boustene van ’n gesonde verhouding – intimiteit en kommunikasie.

In hierdie gesprek verduidelik Madeleen hoe hierdie twee aspekte van kardinale belang is om ’n verhouding sterk te hou en hoe paartjies dit doelbewus kan ontwikkel. Sy deel ook ’n praktiese voorbeeld van ’n spesifieke kommunikasietegniek, wat in die vorm van ’n gereelde afspraak gebruik kan word om konflik op ’n gesonde manier uit te werk en terselfdertyd jou maat op ’n dieper, meer emosionele vlak te leer ken.

Dit gaan dus nie net daaroor om probleme op te los wanneer dinge verkeerd loop nie, maar om doelbewus tyd te maak om mekaar se harte, behoeftes en gevoelens beter te verstaan.

Pulane Nel-Sekepe deel ook haar eie ervaring van hoe hierdie tegniek ’n positiewe verskil in haar huwelik gemaak het en hoe dit haar en haar maat gehelp het om mekaar beter te verstaan en hul kommunikasie te versterk.
7 Sep Afrikaans South Africa Leisure · Personal Journals

Other recent episodes

Maak jou wit-leuntjie dalk seerder as die waarheid wat jy probeer wegsteek?

Pulane Nel-Sekepe en Madeleen Steenkamp gesels oor die effek wat jok en wit leuentjies op ’n verhouding met jou lewensmaat kan hê. Madeleen deel ’n voorbeeld van ’n man wat ná vyf jaar uiteindelik eerlik teenoor sy vrou was oor ’n wit leuentjie. Sy was briesend – nie noodwendig oor…
3 Sep 10 min

Het julle dalk ook 'n 3de party in jul verhouding?

Pulane Nel-Sekepe en Madeleen Steenkamp gesels oor wie en wat alles as 'n 3de party kan indring op jou verhouding, en dit is nie noodwending 'n verneuk storie nie. Hoe jy dit hanteer as dit 'n probleem gaan raak gaan 'n groot impak hê op jou maat se reaksie, en…
5 Aug 7 min

Seer met intimiteit... is dit normaal of nie?

Madeleen Steenkamp, kliniese sielkundige van Bloemfontein, gesels met Pulane Nel-Sekepe oor 'n ongemaklike, maar belangrike onderwerp. Baie jong paartjies wat hulself vir die huwelik gespaar het, beleef 'n moeilike en hartseer wittebrood omdat daar fisiese, mediese en selfs sielkundige redes kan wees waarom intimiteit só pynlik is dat dit byna…
4 Aug 9 min

Slaaf, Baas of Spanmaats - Wie doen wat in die huis?

In die ou dae het manlief gewerk en vroulief was tuis. Die algehele tradisionele denke is dan dat vroulief wat tuis is moet kosmaak en skoonmaak en kinders grootmaak. Maar In vandag se tyd werk altwee... So wie moet dan nou daardie verantwoordelikheid kry vir huis take? Madeleen Steenkamp en…
3 Aug 10 min

Hoeveel verskil jou behoeftes van jou maat sin?

Pulane Nel-Sekepe deel 'n brokkie uit haar eie verhouding met ons, oor hoe haar en haar man se behoeftes verskil, en vra Madeleen Steenskamp se raad op die gebied. Madeleen verduidelik mooi dat 'spesies' verskil, en as ons kan aanvaar dat 'n hond wil gaan stap as behoefte, maar 'n…
30 Jul 9 min