Openbare liefkosing: Wat is die regte hoeveelheid?
Loading player...
Pulane en Madeleen gesels oor openbare liefkosings, meer algemeen bekend as PDA (Public Display of Affection).
Madeleen verduidelik dat daar nie noodwendig ’n reg of verkeerd is wanneer dit by openbare liefdesbetuigings kom nie. Elke paartjie moet eerder hul eie unieke middeweg vind wat vir hulle albei werk. Dit is belangrik om te onthou dat mense verskillende persoonlikhede het, en aangesien teenoorgesteldes mekaar dikwels aantrek, is die kanse goed dat die een persoon in ’n verhouding baie liefde en openbare aandag geniet, terwyl die ander persoon dit glad nie nodig het nie.
Sy verduidelik ook dat mense sensories verskillend aangelê is, en dat dit ’n groot rol kan speel in hoe gemaklik iemand met fisiese aanraking is. Vir sommige mense kan te veel aanraking selfs tot oorstimulasie lei.
Uiteindelik kom dit daarop neer dat paartjies met mekaar moet sit en gesels oor wat elkeen se behoeftes is. Deur oop en eerlik te kommunikeer, kan julle saam die goue middeweg vind wat vir albei gemaklik en werkbaar is.