Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Loading player...
Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans.

π—žπ˜†π—Έ 𝗱𝗢𝗲 π—²π—½π—Άπ˜€π—Όπ—±π—² 𝗡𝗢𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/

Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename in digitale bankmisdaad, en die ANC se nuutste plan om nΓ³g 'n stuk te vat.

KLETS ontwikkel 'n nuwe kriteria vir staatsamptenare, en as dit ooit in werking tree, is daar dalk hoop. Laat weet ons wat jy dink by die lys moet bygevoeg word. Stuur jou idees na klets@afrikaans.radio.

Dis Bokkoors en diefstal met 'n glimlag.
Dis KLETS.
9 Sep Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Wag, Wat? Kanada Verloor Die Speletjie

Kyk hier: https://afrikaans.radio/klets/ep-257-wag-wat-kanada-verloor-die-speletjie/ Dis September, uiteindelik! Die vroue van Suid-Afrika kry ’n oomblik om asem te skep. Net jammer niemand het vir die ANC gesΓͺ nie, want etlike dae voor die verkiesing is rus glad nie op hulle kalender nie. Oor die Atlantiese Oseaan speel Trump en Kanada intussen ’n…
2 Sep 56 min

LΓͺ Stil Sannie, Vir Volk en Vaderland

Die syfers lieg nie, maar die politici probeer darem hard. Voormalige minister van onderwys spoel haar ideologiese mond uit, en die vraag bly: wie luister nog? Intussen raak Johannesburg se skuldlas groter as die slaggate wat dit veroorsaak, en die nuwe bewind gaan 'n rekening erf wat niemand wil of…
26 Aug 1 hr 02 min

Dis Veiliger om te Sit

Hallo! Na 'n lang stilte is KLETS terug. *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-255-dis-veiliger-om-te-sit/ Dit was vrouedag, SA was koud en Pretoria sonder krag, maar die hangover is darem verby. En Colene het intussen al meer as een stort gehad. Ons noem dit vooruitgang. STATS SA se nuutste syfers…
19 Aug 57 min

Pryse, Potholes en 'n Pending Emoji

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-254-pryse-potholes-en-n-pending-emoji/ Kaapse huispryse klim weer, en dis nou al op 'n vlak waar jy moet begin wonder of dit regtig 'n huis is, of net 'n baie duur uitsig. Intussen is 'n Suid-Afrikaanse Protea-emoji 'n moontlikheid, en ons is klaar trots asof dit reeds…
22 Jul 1 hr 04 min

Slange, Spuite en Sondige Sente

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-253-slange-spuite-en-sondige-sente/ Iewers in China het 'n vloed 'n slangplaas oopgebreek, en nou is "swem met die plaaslike fauna" nie meer 'n opsie nie, dis 'n werklikheid. Ozempic maak jou skraler, sΓͺ die advertensies. Die nuutste studies belowe jou 'n paar ander verrassings wat niemand…
15 Jul 53 min