
Agriskoops - 10 September 2026
Loading player...
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Hansel Isaks by die DFM Technologies Noord-Kaap-tak. Hy verduidelik wat die Noord-Kaap tak anders maak as ander takke in die land weens spesifieke weeruitdagings in die provinsie. Hy verduidelik hoe hulle produsente in die Noord-Kaap help en adviseer om die regte water in die regte hoeveelhede aan hul gewasse toe te dien, sodat hulle nie net water spaar nie, maar optimale oeste verseker.

