Oproepe om regsgeskille vinniger en meer bekostigbaar te maak

Loading player...
Die druk op Namibië se regstelsel is tydens die driedaagse "State of Justice"-konferensie onder die loep geneem, met oproepe om vinniger en meer bekostigbare maniere om geskille te besleg. Toni Hancox, direkteur van die Regshulpsentrum, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n geldige punt oor die oorbelasting van die howe, veral die landdroshowe. Sy sê alternatiewe geskilbeslegting kan help om die agterstand te verminder, maar toegang tot mediasie en arbitrasie bly 'n uitdaging vanweë die koste daaraan verbonde.
20 Sep 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hentiesbaai bied suksesvolle JAC Motors-tydren aan

Hentiesbaai kan vandag met breë skouers rondloop ná die kusdorp die afgelope naweek ‘n hoogs-suksesvolle tydren – vir die eerste keer in 14 jaar – aangebied het. Die JAC Motors-tydren het vir hope opwinding gesorg met Mathys Pretorius en sy suster, Anja Pretoruis, wat as wenners aangewys is. Die resies…
21 Sep 1AM 1 min

Ed Sheeran huil op verhoog

Sanger Ed Sheeran sê hy het ‘n moeilike paar dae agter die rug en het Saterdag in trane op die verhoog uitgebars, na sy Loop Toer in omstrydenheid gedompel is. Dit kom nadat die kletsrymer Macklemore as sy openingskunstenaar verwyder is nadat hy tydens ’n optrede “Free Palestine” gesê het…
21 Sep 12AM 1 min

Vitol-verlenging hou geen koste vir regering of belastingbetalers

Die ministerie van myne en energie bevestig dat Vitol se finale verlenging van een maand tot Oktober geen koste vir die regering of belastingbetalers inhou nie. Die waarnemende adjunkdirekteur van Petroleum downstream, Abednego Ekandjo, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die verlenging Vitol bloot kommersieel akkommodeer nadat laer verspreiderbestellings…
21 Sep 12AM 1 min

Malema sê EFF sal eerlike en etiese leierskap aan eThekwini bied

Die EFF-leier Julius Malema sê die party sal eerlike en etiese leierskap aan eThekwini bied indien hy verkies word. Malema het tydens die bekendstelling van die EFF se KwaZulu-Natalse manifes in Inanda, dienslewerings- en infrastruktuuruitdagings, insluitend water, sanitasie en probleme met paaie, gekritiseer, en steun uitgespreek vir die party se…
20 Sep 11PM 1 min

NNN vergader met diplomatieke verteenwoordigers in New York

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê die Verenigde Nasies bly ʼn belangrike platform vir lande om saam te kom, en die uitdagings waarvoor die wêreld te staan kom aan te spreek. Nandi-Ndaitwah het met Namibië se diplomatieke verteenwoordigers in New York vergader vir ʼn oorsig-sessie voor die 81ste sitting van die Verenigde…
20 Sep 11PM 1 min