McKenzie sê Zille het Johannesburg-inwoners in die steek gelaat

Loading player...
Die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie, het die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, gekritiseer oor haar rekord en benadering tot Johannesburg. McKenzie sê Johannesburg het nuwe leierskap nodig en die PA se burgemeesterskandidaat, Kenny Kunene, sal dit kan doen. McKenzie se opmerkings vorm deel van die partye se mededingende veldtogte om steun in Johannesburg te werf. Hy het Kunene se vermoë beklemtoon om dienslewering te verbeter en etiese leierskap te bied:
20 Sep 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Malema sê EFF sal eerlike en etiese leierskap aan eThekwini bied

Die EFF-leier Julius Malema sê die party sal eerlike en etiese leierskap aan eThekwini bied indien hy verkies word. Malema het tydens die bekendstelling van die EFF se KwaZulu-Natalse manifes in Inanda, dienslewerings- en infrastruktuuruitdagings, insluitend water, sanitasie en probleme met paaie, gekritiseer, en steun uitgespreek vir die party se…
20 Sep 11PM 1 min

NNN vergader met diplomatieke verteenwoordigers in New York

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê die Verenigde Nasies bly ʼn belangrike platform vir lande om saam te kom, en die uitdagings waarvoor die wêreld te staan kom aan te spreek. Nandi-Ndaitwah het met Namibië se diplomatieke verteenwoordigers in New York vergader vir ʼn oorsig-sessie voor die 81ste sitting van die Verenigde…
20 Sep 11PM 1 min

Vroue moet groter rol speel in leierskap

Met die tweedaagse werkswinkel van die Gesamentlike Parlementêre Vrouekoukus wat oor die naweek tot ‘n einde gekom het, vra rolspelers dat vroue ‘n sterker rol speel leierskap-posisies. Vroueparlementslede en burgerlike samelewing-organisasies het samesprekings gehou oor die versterking van vroue-leierskap en die bevordering van geslagsgelykheid. Die komitee-voorsitter, Sharonice Busch, sê vroueleiers…
20 Sep 5AM 1 min

Oproepe om regsgeskille vinniger en meer bekostigbaar te maak

Die druk op Namibië se regstelsel is tydens die driedaagse "State of Justice"-konferensie onder die loep geneem, met oproepe om vinniger en meer bekostigbare maniere om geskille te besleg. Toni Hancox, direkteur van die Regshulpsentrum, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n geldige punt oor die oorbelasting van die howe, veral…
20 Sep 3AM 1 min