
Malema sê EFF sal eerlike en etiese leierskap aan eThekwini bied
Loading player...
Die EFF-leier Julius Malema sê die party sal eerlike en etiese leierskap aan eThekwini bied indien hy verkies word. Malema het tydens die bekendstelling van die EFF se KwaZulu-Natalse manifes in Inanda, dienslewerings- en infrastruktuuruitdagings, insluitend water, sanitasie en probleme met paaie, gekritiseer, en steun uitgespreek vir die party se burgemeesters-kandidaat vir eThekwini, Hlengiwe Mkhaliphi. Malema sê die party se prioriteite vir plaaslike regering sluit die voorsiening van basiese dienste, jeug-werkverskaffing, groter aanspreeklikheid in munisipaliteite en die inkontraktering van sekere dienste in:

