Ed Sheeran huil op verhoog

Loading player...
Sanger Ed Sheeran sê hy het ‘n moeilike paar dae agter die rug en het Saterdag in trane op die verhoog uitgebars, na sy Loop Toer in omstrydenheid gedompel is. Dit kom nadat die kletsrymer Macklemore as sy openingskunstenaar verwyder is nadat hy tydens ’n optrede “Free Palestine” gesê het. Dae later het die Grammy-wenner Finneas, asook Lukas Graham, Aaron Rowe en Sheeran se eie begeleidingsgroep, Beoga, almal uit die toer bedank uit solidariteit met Macklemore. Sheeran sê hy is gewoond daaraan dat mense sy musiek kritiseer, maar moes moeilike besluite die afgelope dae neem:
21 Sep 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Landbou-ministerie bekom N$40m om graan van plaaslike boere te koop

Die ministerie van landbou sê dit het 40 miljoen Namibiese dollar bekom om graan van plaaslike boere te koop wat nie die vorige seisoen se oes kon verkoop nie. Baie boere hou steeds hul graan-oeste in stoor, en hoe langer dit lê, hoe groter is die risiko dat dit kan…
21 Sep 1AM 1 min

Hentiesbaai bied suksesvolle JAC Motors-tydren aan

Hentiesbaai kan vandag met breë skouers rondloop ná die kusdorp die afgelope naweek ‘n hoogs-suksesvolle tydren – vir die eerste keer in 14 jaar – aangebied het. Die JAC Motors-tydren het vir hope opwinding gesorg met Mathys Pretorius en sy suster, Anja Pretoruis, wat as wenners aangewys is. Die resies…
21 Sep 1AM 1 min

Vitol-verlenging hou geen koste vir regering of belastingbetalers

Die ministerie van myne en energie bevestig dat Vitol se finale verlenging van een maand tot Oktober geen koste vir die regering of belastingbetalers inhou nie. Die waarnemende adjunkdirekteur van Petroleum downstream, Abednego Ekandjo, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die verlenging Vitol bloot kommersieel akkommodeer nadat laer verspreiderbestellings…
21 Sep 12AM 1 min

Malema sê EFF sal eerlike en etiese leierskap aan eThekwini bied

Die EFF-leier Julius Malema sê die party sal eerlike en etiese leierskap aan eThekwini bied indien hy verkies word. Malema het tydens die bekendstelling van die EFF se KwaZulu-Natalse manifes in Inanda, dienslewerings- en infrastruktuuruitdagings, insluitend water, sanitasie en probleme met paaie, gekritiseer, en steun uitgespreek vir die party se…
20 Sep 11PM 1 min

NNN vergader met diplomatieke verteenwoordigers in New York

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê die Verenigde Nasies bly ʼn belangrike platform vir lande om saam te kom, en die uitdagings waarvoor die wêreld te staan kom aan te spreek. Nandi-Ndaitwah het met Namibië se diplomatieke verteenwoordigers in New York vergader vir ʼn oorsig-sessie voor die 81ste sitting van die Verenigde…
20 Sep 11PM 1 min