Landbou-ministerie bekom N$40m om graan van plaaslike boere te koop

Loading player...
Die ministerie van landbou sê dit het 40 miljoen Namibiese dollar bekom om graan van plaaslike boere te koop wat nie die vorige seisoen se oes kon verkoop nie. Baie boere hou steeds hul graan-oeste in stoor, en hoe langer dit lê, hoe groter is die risiko dat dit kan bederf wat groot finansiële verliese kan meebring. Die Ministerie erken dat die 40 miljoen dollar moontlik nie genoeg is om alle klein- en medium-skaalse boere se oeste te koop nie. Waarnemende uitvoerende direkteur, Petrus Nangolo sê hulle is steeds op soek na addisionele befondsing.
21 Sep 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

AU: El Niño is meer as 'n weer-verskynsel

Die Afrika-unie se kommissaris vir Landbou, Landelike Ontwikkeling, die Blou Ekonomie en Volhoubare Omgewing, Moses Vilakati, sê El Niño is meer as 'n weer-verskynsel en raak landbou, waterbronne, voedselsekerheid en ekonomieë. Vilakati het lidlande aangemoedig om vroeë waarskuwings te omskep in vroeë optrede met droogtebestande gewasse, waterbesparing, die beveiliging van…
21 Sep 2AM 1 min

Stad Ekurhuleni doen nie genoeg om vroue te beskerm nie

Die DA se burgemeesterskandidaat in Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, sê die Stad doen nie genoeg om vroue te beskerm nie. Een van die nege slagoffers in die Ekurhuleni-moorde, Elizabeth "Tsontso" Moselakgomo, word vandag ter ruste gelê in Phake-Ga Rankaila in Mpumalanga. Rasilingwane sê vroue behoort nie in vrees te leef in…
21 Sep 2AM 1 min

Hentiesbaai bied suksesvolle JAC Motors-tydren aan

Hentiesbaai kan vandag met breë skouers rondloop ná die kusdorp die afgelope naweek ‘n hoogs-suksesvolle tydren – vir die eerste keer in 14 jaar – aangebied het. Die JAC Motors-tydren het vir hope opwinding gesorg met Mathys Pretorius en sy suster, Anja Pretoruis, wat as wenners aangewys is. Die resies…
21 Sep 1AM 1 min

Ed Sheeran huil op verhoog

Sanger Ed Sheeran sê hy het ‘n moeilike paar dae agter die rug en het Saterdag in trane op die verhoog uitgebars, na sy Loop Toer in omstrydenheid gedompel is. Dit kom nadat die kletsrymer Macklemore as sy openingskunstenaar verwyder is nadat hy tydens ’n optrede “Free Palestine” gesê het…
21 Sep 12AM 1 min

Vitol-verlenging hou geen koste vir regering of belastingbetalers

Die ministerie van myne en energie bevestig dat Vitol se finale verlenging van een maand tot Oktober geen koste vir die regering of belastingbetalers inhou nie. Die waarnemende adjunkdirekteur van Petroleum downstream, Abednego Ekandjo, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die verlenging Vitol bloot kommersieel akkommodeer nadat laer verspreiderbestellings…
21 Sep 12AM 1 min