
Swakopmund-munisipaliteit ontken Desert Dunes Film Studio-bewerings
Loading player...
Die Swakopmund-munisipaliteit ontken bewerings dat hy 'n aansoek van 300 miljoen Amerikaanse dollar vir die Desert Dunes Film Studio-ontwikkeling geïgnoreer het. Die munisipaliteit hou vol die projek kan nie voortgaan sonder bewys van finansiële kapasiteit en 'n vereiste sekuriteit-s-deposito nie. Uitvoerende vervaardiger Guy Nockels waarsku dat vertragings in die verkryging van 115 hektaar grond die belegging kan dwing om na Botswana te verskuif. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê munisipale woord-voerder Linda Mupupa dat die munisipaliteit oop bly vir gesprekke, maar streng omsigtigheid moet volg om te verhoed dat prima grond leeg-staan:

