IPPR: Gemeenskappe moet baat by mineraal-ontginning

Loading player...
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê gasheergemeenskappe moet direk baat vind namate Namibië 'n kritieke mineraaloplewing in die gesig staar. Voor 'n nasionale dialoog op 22 September het IPPR-direkteur Graham Hopwood uitgelig dat die ontginning van litium en seldsame aardmetale naby bevolkte dorpe soos Uis plaasvind. Hy het die regering aangespoor om by die Extractive Industries Transparency Initiative (EITI) aan te sluit om verantwoordbaarheid te verseker en korrupsie te bekamp. Hopwood het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

Graham Hopwood Maandag
21 Sep 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Guterres doen 'n beroep vir samewerking in New York

Wêreldleiers, diplomate, kampvegters en ander invloedryke stemme vergader hierdie week in New York vir die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering. Leiers sal globale samewerking bevorder, ʼn noodsaaklike hupstoot gee aan die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte, en kollektiewe optrede bepleit vir vrede, waardigheid en gelykheid op ʼn gesonde planeet. Die VN se sekretaris-generaal,…
21 Sep 6AM 1 min

Kapitaal-uitvloei is in wese misdaad van werkers

Sielkundige en stigter van die Marxistiese Groep van Namibië Shaun Whittaker sê die land se verlies van 16,7 miljard Namibiese dollar jaarliks aan kapitaal-uitvloei is 'n politieke misdaad teen werkers. Whittaker voer aan dat geheimhouding rondom begunstigde eienaarskap in mynbou, vissery en bankwese hierdie verliese dryf. Hy het gewaarsku dat…
21 Sep 6AM 1 min

Luvindao weerlê aantygings oor Mariental-suurstof

Mariental Staatshospitaal maak al meer as drie maande op gassilinders staat nadat 'n ontploffing op 6 Junie sy hoof suurstofaanleg lamgelê het. Die minister van gesondheid, Esperance Luvindao, het reageer IPC-LP, Lilani Brinkman, se onlangse opmerkings dat sy bekommerd is oor 100 000 Namibiese dollar se tussentydse koste en aangemelde…
21 Sep 6AM 1 min

Ondersoek na Muller-ongeluk geloods

Ben Engelbrecht, die ondersoeker in die onlangse girokopterongeluk wat die lewe van die bekende wildboer en renosterbewaarder Jaco Muller geëis het, sê die voorlopige verslag oor die ongeluk sal na verwagting 30 dae ná die ongeluk bekend gemaak word. Hy het bevestig dat die girokopter sowat 75 km voor Outjo…
21 Sep 6AM 1 min

Namibiese boere gereed vir 2026 Lamb Champs Invitational

Stigterslid van die NamLamb-inisiatief, Len de Jager, sê hy is vol vertroue dat die 10 Namibiese boere wat aan die 2026 Lamb Champs Invitational in Suid Afrika gaan deelneem, stof in hul teenstanders se oë sal skop. Vanjaar se “ïnvitational” vind die 31ste Oktober in Pretoria plaas. De Jager het…
21 Sep 5AM 1 min