Suide-inwoners praat oor impak van myne, groenwaterstof

Loading player...
Die Eco Dialogue Collective het 'n reeks gemeenskapsraadplegings in die Suide begin om die plaaslike impak van mynbou, groenwaterstof- en nywerheidsontwikkeling op watersekerheid en lewensbestaan te bespreek. Die projek, wat deur die EU befonds word en deur die NMT Media Foundation en die IPPR aangebied word, besoek Rosh Pinah môre en beweeg op 25 September na Stampriet. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het die projekleier, Dickson Kasote, gesê dat die sessies inwoners 'n platform bied om bekommernisse te lug en deursigtige bestuur in die groen ekonomie te verseker.
21 Sep 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Drie word ondervra oor Ekurhuleni-moorde

Die waarnemende polisieminister, Firoz Cachalia, het bevestig dat drie verdagtes vir ondervraging in hegtenis geneem is in verband met die moord op nege vroue in Ekurhuleni, Gauteng, oor die afgelope twee maande. Van die nege liggame wat gevind is, is daar een wat nie as vermiste persoon aangemeld is nie…
21 Sep 8AM 1 min

Guterres doen 'n beroep vir samewerking in New York

Wêreldleiers, diplomate, kampvegters en ander invloedryke stemme vergader hierdie week in New York vir die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering. Leiers sal globale samewerking bevorder, ʼn noodsaaklike hupstoot gee aan die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte, en kollektiewe optrede bepleit vir vrede, waardigheid en gelykheid op ʼn gesonde planeet. Die VN se sekretaris-generaal,…
21 Sep 6AM 1 min

Kapitaal-uitvloei is in wese misdaad van werkers

Sielkundige en stigter van die Marxistiese Groep van Namibië Shaun Whittaker sê die land se verlies van 16,7 miljard Namibiese dollar jaarliks aan kapitaal-uitvloei is 'n politieke misdaad teen werkers. Whittaker voer aan dat geheimhouding rondom begunstigde eienaarskap in mynbou, vissery en bankwese hierdie verliese dryf. Hy het gewaarsku dat…
21 Sep 6AM 1 min

Luvindao weerlê aantygings oor Mariental-suurstof

Mariental Staatshospitaal maak al meer as drie maande op gassilinders staat nadat 'n ontploffing op 6 Junie sy hoof suurstofaanleg lamgelê het. Die minister van gesondheid, Esperance Luvindao, het reageer IPC-LP, Lilani Brinkman, se onlangse opmerkings dat sy bekommerd is oor 100 000 Namibiese dollar se tussentydse koste en aangemelde…
21 Sep 6AM 1 min

Ondersoek na Muller-ongeluk geloods

Ben Engelbrecht, die ondersoeker in die onlangse girokopterongeluk wat die lewe van die bekende wildboer en renosterbewaarder Jaco Muller geëis het, sê die voorlopige verslag oor die ongeluk sal na verwagting 30 dae ná die ongeluk bekend gemaak word. Hy het bevestig dat die girokopter sowat 75 km voor Outjo…
21 Sep 6AM 1 min