
Laurie Marker benoem vir 2027 Indianapolis-prys
Loading player...
Laurie Marker, stigter van die Cheetah Conservation Fund, is genomineer vir die 2027 Indianapolis-prys vir haar werk in wildbewaring in Namibië. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het Marker die internasionale erkenning toegeskryf aan haar span en die plaaslike boeregemeenskappe wat die afgelope 35 jaar met die fonds saamgewerk het. Sy het gemeenskapsinisiatiewe, soos die gebruik van veebeskermingshonde, uitgelig as 'n sleutelfaktor om konflik met roofdiere te voorkom. Sy sê Namibië se wetenskapgebaseerde bewaringsmodel dien nou as 'n wêreldwye voorbeeld vir die beskerming van spesies en 'n genetiese biobank:

