Bouwerkers sny kabel af, chaos in VSA vlugte

Loading player...
Meer as sewe-duisend vlugte reg oor Amerika is gister vertraag of gekanselleer en meer as 100 is herlei nadat konstruksiewerkers per ongeluk ʼn kabel afgesny het wat nodig is vir lugverkeerbeheer in Philadelphia. Die Newark Liberty internasionale lughawe in New Jersey en Philadelphia internasionale lughawe in Pennsilvanië is die swaarste getref. Amerika se minister van Vervoer, Sean Duffy, sê hierdie voorval beklemtoon die behoefte aan bykomende befondsing om verouderende infrastruktuur te moderniseer en in die toekoms onderbrekings soos dié te voorkom:
22 Sep 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Senior SA polisie-offisier in arres vir seksuele oortredings: SAPD

Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, verwelkom die inhegtenisneming van ʼn 59-jarige senior polisie-offisier op aanklagte van seksuele oortredings. Hy is Maandagaand in Sandton aangekeer. Die offisier het na bewering tussen Julie en Augustus 'n 16-jarige meisie seksueel voorberei en ʼn 18-jarige vrou verkrag. Nasionale polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die…
22 Sep 9AM 1 min

112 vragmotor-ongelukke, 48 sterftes in 8,5 maande

Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het tussen 1 Januarie en 16 September landswyd 112 vragmotor ongelukke aangeteken, wat gelei het tot 211 beserings en 48 sterftes. Die Erongo-streek het die hoogste aantal ongelukke en sterftes aangeteken, gevolg deur Khomas. Botsings was die mees algemene tipe ongeluk en was verantwoordelik vir 57 ongelukke,…
22 Sep 9AM 1 min

Nuwe brandstof-ooreenkoms 'sal verbruikers beskerm'

Die nuwe driemaande-grootmaatbrandstofkontrak met TotalEnergies sal na verwagting Namibiese verbruikers teen skielike prysstygings by die pomp beskerm. Die minister van energie, Modestus Amutse, sê die ooreenkoms, wat 345 miljoen liter vanaf November dek, het afslag onder maatstafpryse verseker, wat die Nasionale Energiefonds meer as 220 miljoen Namibiese dollar bespaar het…
22 Sep 8AM 1 min

Kaapstad belowe om bekostigbare behuising uit te brei

Die Kaapstadse burgemeester en leier van die DA, Geordin Hill-Lewis, het 'n belofte gemaak om bekostigbare behuising in die stad uit te brei. Hy het die belofte by die Soutriviermark-terrein gemaak, waar 970 bekostigbare huise beplan word. Die plan sluit in die bou van meer bekostigbare huurhuise, om meer stadsgrond…
22 Sep 6AM 1 min

Verbeter deelname aan begrotingsproses om lewens te verbeter

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, sê parlemente moet burgerdeelname aan die begrotingsproses verbeter om die publiek se lewens te verbeter. Sy het tydens die negende konferensie van die Afrika-netwerk van parlementêre begrotingskantore in Swakopmund beklemtoon dat openbare betrokkenheid verseker dat elke ekonomiese beleid en begrotingstoewysing deursigtigheid en…
22 Sep 6AM 1 min