Senior SA polisie-offisier in arres vir seksuele oortredings: SAPD

Loading player...
Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, verwelkom die inhegtenisneming van ʼn 59-jarige senior polisie-offisier op aanklagte van seksuele oortredings. Hy is Maandagaand in Sandton aangekeer. Die offisier het na bewering tussen Julie en Augustus 'n 16-jarige meisie seksueel voorberei en ʼn 18-jarige vrou verkrag. Nasionale polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord moet begin by aanspreeklikheid in polisie-geledere:
22 Sep 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

12 keatiewes, 12 uur, 4 nuwe Namibiese kinderboeke

Twaalf plaaslike kreatiewe persone het vier nuwe Namibiese kinderboeke in slegs 12 uur tydens die derde uitgawe van BookSprint Namibia 2026 by die Goethe-instituut vervaardig. Die inisiatief is daarop gemik om 'n leeskultuur onder kinders van drie- tot agt-jaar te bevorder deur hoëgehalte, plaaslik vervaardigde leesmateriaal te verskaf. Hoof van…
22 Sep 10AM 1 min

112 vragmotor-ongelukke, 48 sterftes in 8,5 maande

Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het tussen 1 Januarie en 16 September landswyd 112 vragmotor ongelukke aangeteken, wat gelei het tot 211 beserings en 48 sterftes. Die Erongo-streek het die hoogste aantal ongelukke en sterftes aangeteken, gevolg deur Khomas. Botsings was die mees algemene tipe ongeluk en was verantwoordelik vir 57 ongelukke,…
22 Sep 9AM 1 min

Nuwe brandstof-ooreenkoms 'sal verbruikers beskerm'

Die nuwe driemaande-grootmaatbrandstofkontrak met TotalEnergies sal na verwagting Namibiese verbruikers teen skielike prysstygings by die pomp beskerm. Die minister van energie, Modestus Amutse, sê die ooreenkoms, wat 345 miljoen liter vanaf November dek, het afslag onder maatstafpryse verseker, wat die Nasionale Energiefonds meer as 220 miljoen Namibiese dollar bespaar het…
22 Sep 8AM 1 min

Bouwerkers sny kabel af, chaos in VSA vlugte

Meer as sewe-duisend vlugte reg oor Amerika is gister vertraag of gekanselleer en meer as 100 is herlei nadat konstruksiewerkers per ongeluk ʼn kabel afgesny het wat nodig is vir lugverkeerbeheer in Philadelphia. Die Newark Liberty internasionale lughawe in New Jersey en Philadelphia internasionale lughawe in Pennsilvanië is die swaarste…
22 Sep 8AM 1 min

Kaapstad belowe om bekostigbare behuising uit te brei

Die Kaapstadse burgemeester en leier van die DA, Geordin Hill-Lewis, het 'n belofte gemaak om bekostigbare behuising in die stad uit te brei. Hy het die belofte by die Soutriviermark-terrein gemaak, waar 970 bekostigbare huise beplan word. Die plan sluit in die bou van meer bekostigbare huurhuise, om meer stadsgrond…
22 Sep 6AM 1 min