
Land is duur om te besoek: Gasvryheidsvereniging
Loading player...
Augustus bly 'n sterk maand vir die gasvryheidsektor, met 'n nasionale kamerbesettingsyfer van 69,53 persent vanjaar, maar die Gasvryheidsvereniging van Namibië is versigtig optimisties oor die laaste drie maande van die jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se uitvoerende hoof, Gitta Paetzoldt, gepraat wat sê dit is bemoedigend dat internasionale lugverbindings teen middel 2026 tot 17 bestemmings toegeneem het, vergeleke met 10 in 2023. Sy waarsku egter dat Namibië 'n duur bestemming geword het.

