Die Kruis in branding

Loading player...
Jannie Pelser en gaste, Prof. Fanie Snyman, Prof. Hennie Stander en Prof. Cobus van Wyngaard gesels oor die Kruis in branding. Die gebruik van ongeveer 3 000 kruise wat onlangs in Washington opgerig is, met die doel om volgens die organiseerders internasionale aandag op geweld teen die boerderygemeenskap te vestig, het heelwat gesprek ontlok. Dit bring ons by ’n breër vraag: Waarom die kruis? Wat beteken hierdie simbool, waar kom dit vandaan, en wat gebeur wanneer die kruis vir ’n bepaalde boodskap of saak ingespan word?
30 Sep Afrikaans South Africa Christianity · News

Other recent episodes

Die rol van geloofsgemeenskappe in Suid-Afrika se nasionale ontwikkeling

Jannie Pelser en gaste, Ps. Jan Pretorius, Ps. Francois Burger en Ds. Dirkie van Der Spuy, gesels oor Kerke en geloofsgemeenskappe wat reeds dekades lank 'n belangrike rol in Suid-Afrika speel. Op plaaslike vlak is hulle dikwels betrokke by armoedeverligting, onderwys, maatskaplike ondersteuning, gesinsversorging en talle ander gemeenskapsinisiatiewe. Maar watter…
18 Nov 50 min

NG Kerk-afvaardiging na die Midde-Ooste: Wat het hulle gesien en gehoor?

Jannie Pelser en gaste, Prof. Marius Nel, Di Elmarie Dercksen en Dr Christo Benade gesels oor die konflik in die Midde-Ooste. Dit is een van die wêreld se mees komplekse en emosioneel gelaaide kwessies. Dit is ’n konflik met ’n lang geskiedenis, diep menslike lyding, politieke en godsdienstige dimensies –…
11 Nov 49 min

Burgerlike onrus in Frankryk

Jannie Pelser en gaste, Louise du Toit en Pieter Duvenage kyk vandag na die dramatiese golf van burgerlike onrus wat deur Frankryk spoel, waar massiewe besuinigingsmaatreëls en ineenstortende openbare infrastruktuur tot hewige botsings, massa-arrestasies en wydverspreide ekonomiese gevolge gelei het. Maar hierdie is lankal nie meer net 'n Franse probleem…
28 Oct 51 min

Plaaslike munisipale verkiesings 2026

Jannie Pelser en gaste, Prof. André Duvenhage, Roland Henwood en Dr. Oscar van Heerden gesels oor die 4de November, waar Suid-Afrikaners na die stembusse gaan om nuwe munisipale rade te verkies. Dit gebeur teen die agtergrond van ernstige vrae oor dienslewering, finansiële bestuur en die vermoë van munisipaliteite om aan…
21 Oct 44 min