
Akkerbouraad werk aan gewasversekeringsprogram vir Namibiese boere
Loading player...
Die Akkerbouraad ontwikkel 'n gewasversekeringsprogram om boere te help om klimaatsverwante risiko's die hoof te bied, insluitend die moontlike impak van El Niño volgende jaar. Die bestuurder van tuinbou-ontwikkeling, Emilie Abraham, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die program in oorleg met belanghebbendes in die versekering- en rampbestuur-sektore ontwikkel word. Dit is om te verseker dat boere oor die nodige ondersteuning en hulpmiddels beskik om gewasproduksie te beskerm en voedselsekerheid te versterk.

