
Mudge prys vinnige reaksie op BKS-uitbreking
Loading player...
Die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge, prys die regering en staatsveeartse vir hul vinnige reaksie op die bek-en-klouseer uitbreking. Hy sê dat diere-opsporing vinnige inperking moontlik gemaak het en 'n totale landbou-inperking verhoed het. Hy vra egter 'n streng ondersoek na bewerings dat onwettige veebewegings oor die Oranjerivier die uitbreking veroorsaak het, met streng strawwe indien dit bevestig word. Mudge het meer met Kosmos 94.1 Nuus gedeel:

