
Geen geld vir nuwe voorwaardelike basiese inkomstetoelae nie
Loading player...
Die maatskaplike welsyn-ministerie sê daar is tans geen fondse beskikbaar om nuwe begunstigdes vir die voorwaardelike basiese inkomstetoelaag te registreer nie. Minister Emma Kantema-Gaomas het in die parlement gesê die maandelikse toelaag van 600 Namibiese dollar is bedoel vir werklose en kwesbare huishoudings, terwyl persone wat reeds ouderdoms- of ongeskiktheidstoelaes ontvang, nie daarvoor in aanmerking kan kom nie.

