
BKS: Bly kalm en fokus op dit wat jy kan beheer, vra NLU
Loading player...
Die Namibiese Landbou-unie doen 'n beroep op boere om kalm te bly en amptelike riglyne te volg terwyl die owerhede voortgaan met pogings om bek-en-klouseer te bekamp. Die siekte bly beperk tot vyf plase in die Karasburg-distrik. Die NLU se uitvoerende bestuurder, Roelie Venter, sê lede moet by beheermaatreëls hou en toesien dat hulle op geverifieerde inligting staatmaak terwyl die situasie gemonitor word.

