Namibië waarsku teen herhaling van entstofnasionalisme

Loading player...
Namibië se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, Penda Naanda, sê die entstof nasionalisme tydens die COVID-19-pandemie het wêreldwye solidariteit ondermyn en ontwikkelende lande blootgestel, en Afrika waarsku teen herhaling daarvan. Namibië, wat hierdie maand die Afrika-groep by die VN voorsit, het die groep se standpunt by die 81ste Algemene Vergadering oorgedra. Die Afrika-groep ondersteun die nuwe VN Politieke Verklaring oor Pandemievoorkoming, -paraatheid en -reaksie, maar hou vol dat billike toegang tot gesondheidstegnologie nie onderhandelbaar is nie. Die groep wil ook hê die tekortkominge wat deur COVID-19 uitgewys is, moet reggestel word voordat die volgende pandemie toeslaan.
16 Oct 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

COPPS 94.1: Inbrekers se turf sit

‘n Spanpoging tussen die polisie, buurtwag en private sekuriteitsdienste het Vrydagaand as deel van COPPS 94.1 se naweekpatrollie twee inbrekers in Kleine Kuppe aangekeer waar hulle op ‘n bouperseel in die fondasie probeer skuil het. ‘n Derde verdagte, wat vermoedelik gewapen was, het ontvlug. Daar moes ook gekeer word toe…
23 Oct 11PM 1 min

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min

Theofelus verdedig hersiene begroting

Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike…
23 Oct 11AM 1 min

Rooi ligte oor regeringsinkomste, nes in 2015/'16: kenner

Regeringsinkomste is onder druk, onder andere weens ’n afname in die wêreldwye vraag na diamante, met inkomste wat volgens die middeltermyn-begrotingsoorsig met 1,5 miljard Namibiese dollar gedaal het. Ontleder Romé Mostert van Cirrus sê belastinginvorderings het tot vlakke soortgelyk aan dié tydens die Covid-19-pandemie teruggesak. Hy wys ook op ’n…
23 Oct 10AM 1 min