Het jy skuldgevoelens oor jou Desember uitgawes?

Loading player...
Rudolph Geldenhuys gesels met Pulane Nel-Sekepe oor die Desember-uitgawes wat vir baie huishoudings voorlê. Hy verduidelik waarom dit belangrik is om vroegtydig te beplan vir alles wat jy graag gedurende Desember wil aanpak – van geskenke en uiteet tot vakansies en gesinsuitstappies. Met ’n realistiese begroting en ’n duidelike plan kan jy die feestyd geniet sonder om jou finansies onnodig onder druk te plaas. Só weet jy presies waar jy jou geld kan bestee en waar om die streep te trek.

Deur elke maand ’n klein bedrag van jou salaris opsy te sit, kan jy geleidelik vir ’n meer stresvrye Desember voorsiening maak. As jy egter nie vooraf beplan en spaar nie, kan jy maklik probeer om al jou Desember-planne uit jou gewone maandsalaris te finansier. Dit is dikwels wanneer onverstandige finansiële besluite geneem word en meer geld as beplan bestee word. Die redenasie dat daar in elk geval nie genoeg geld is nie, kan daartoe lei dat jy eerder geld vrylik uitgee as om by ’n begroting te hou.

Die gevolge hiervan duik dikwels eers in Januarie op, wanneer die feestyd verby is en die werklikheid van onnodige skuld en ekstra finansiële verpligtinge jou in die gesig staar. Rudolph deel praktiese raad oor hoe om vooruit te beplan, jou uitgawes verantwoordelik te bestuur en steeds die lekker dinge van Desember te geniet – sonder dat Januarie met finansiële stres begin.
20 Oct Afrikaans South Africa Business · Business

Other recent episodes

JanuWorry - 'n budget kan die 'worry' weg vat

Die einde van 2026 het aangebreek, en soos elke jaar weet ons teen dié tyd reeds dat Januarie vir baie mense as JanuWorry bekend staan! Daardie laaste salaris van 2026 moet jou immers nie net deur Desember dra nie, maar ook deur Januarie. En soms voel dit asof jy ses…
20 Oct 8 min

Testamente - Opvolg: Waar presies kan wat sloer?

In hierdie week se Wealth Wednesday beantwoord Rudolph Geldenhuys ’n paar vrae wat na aanleiding van die vorige gesprek met Pulane Nel-Sekepe oor testamente en boedelbeplanning van luisteraars ontvang is. Rudolph verduidelik in meer besonderhede wat gebeur wanneer ’n boedel afgehandel moet word, maar jy as naasbestaande eers moet wag…
19 Oct 10 min

Die hoe, waar en wat van testamente

Wat gebeur met jou boedel wanneer jy sterf? En wat as jy ’n testament op jou e-pos het, maar dit nooit gedruk en behoorlik onderteken het nie? In hierdie week se Wealth Wednesday gesels Rudolf Geldenhuys met Pulane Nel-Sekepe oor alles wat jy moet weet rondom testamente en boedelbeplanning. Rudolf…
19 Aug 14 min

Het jou belegging ook hierdie 4 versteekde uitgawes?

Rudolf Geldenhuys gesels met Pulane Nel-Sekepe oor iets waaraan baie van ons dalk nie genoeg aandag gee wanneer dit by beleggings kom nie – uitgawes. Hy verduidelik die verskil tussen produktiewe en onproduktiewe uitgawes en help ons om die vier verskillende tipes uitgawes wat op beleggings van toepassing kan wees,…
18 Aug 8 min

Moet jy belasting uit die graf betaal?

Pulane en Rudolf praat oor 'n morbiede, maar tog noodsaaklike onderwerp – wat gebeur met jou finansies en boedel wanneer jy nie meer daar is nie? Baie van ons besef nie noodwendig dat jou afsterwe ook belastingimplikasies kan hê nie. Daar is verskeie kostes en belastingaspekte waarvan 'n mens bewus…
17 Aug 15 min