
Veldbrand verwoes meer as 15 000 hektaar in Hardap
Loading player...
Berigte uit die Hardap-streek lui dat ’n groot veldbrand in die Daweb- en Gibeon-kiesafdelings reeds meer as 15 000 hektaar weiveld verwoes het. Die brand, wat Maandag in Daweb aangemeld is, het sedertdien na Gibeon en omliggende gebiede versprei, terwyl sterk winde pogings om dit onder beheer te bring, bemoeilik. Senior landboutegnikus Chris Kisting het Woensdag gesê bykomende mannekrag en hulpbronne is dringend nodig om die brand te blus. Volgens hom bemoeilik die afstand na waterpunte ook die brandbestrydingspogings:

