
Etosha-brande onder beheer, 16,3% van park geraak
Loading player...
Die veldbrande in die Etosha Nasionale Park is onder beheer, met geen aktiewe brande by Oberland en Gemsbokvlakte nie. Omgewingsministerie-woordvoerder Vilho Hangula sê brandspanne en lede van die Namibiese Weermag het die bedreigende vlamme teen Saterdagaand onderdruk. Brande by Olifantsbad, Harib en Aus bly onder beheer en hou geen bedreiging vir die park in nie. Altesaam 16,3 persent van Etosha se oppervlakte, oftewel sowat 3 746 vierkante kilometer, is gedurende September en Oktober deur brande verwoes. Die brandspanne bly op bystand, terwyl die oorsaak van die brande nog ondersoek word.

