
Noordwes-polisie geprys vir die ontdekking van ‘n vermeende dwelmlaboratorium in Ramokokastad
Loading player...
Die provinsiale polisiekommissaris van Noordwes, Peter Adams, het die polisie geprys vir hul operasionele optrede ná die ontdekking van nog ’n vermeende geheime dwelmlaboratorium in Thabeng-seksie, Ramokokastad, in Mogwase. Polisiewoordvoerder Thuto Bobelo sê beamptes het ’n lasbrief vir deursoeking en beslaglegging uitgevoer nadat inligting ontvang is oor vermoedelike dwelmvervaardigingsaktiwiteite op die perseel. Bobelo sê die polisie het beslag gelê op ’n aansienlike hoeveelheid items wat vermoedelik gebruik word vir die vervaardiging van onwettige dwelms:

