
Stemme vir klein partye 'kan DA in Kaapstad ondergrawe'
Loading player...
Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê mense wat vir kleiner partye stem, kan veroorsaak dat die ANC en die EFF die metro kan oorneem. Volgens onlangse peilings deur eNCA en MarkData het die DA tans 52,6-persent steun, terwyl News24 en die Sabi Strategy Group dit op 56,1-persent plaas. Talle partye wat deur bruin kiesers aangehang word, kan dit egter ʼn taai stryd maak. Hill-Lewis sê daar is nie ʼn veilige meerderheid as DA-ondersteuners tuis bly nie:

