
Mediese tariefverhoging onvoldoende, sê privaat sektor
Loading player...
Private gesondheidsorgverskaffers sê die verhoging in mediese fonds-maatstaftariewe doen min om die groeiende gaping tussen die koste van gesondheidsorg en die vergoeding wat mediese fondse bied, aan te spreek. Die Namibiese Vereniging van Mediese Hulpfondse, Namaf, het 'n gemiddelde verhoging van 4,6 persent in maatstaf-tariewe vir 2027 aangekondig. Dr. Jürgen Hoffmann, uitvoerende hoof van die Namibiese Privaat Praktisynsforum, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die aanpassing nie die stygende koste van die bedryf van mediese praktyke weerspieël nie.

