Senior Serenade bedien 700 bejaardes oor Kerstyd met klassieke musiek en geskenkpakkies

Loading player...
Die 8ste Senior Serenade in samewerking met Pro Strings en vriende, word vanjaar in Bloemfontein aangebied. Hierdie inisiatief maak ’n reuse verskil in bejaardes se lewens, wat dikwels tydens die feestyd alleen is. Verlede jaar was daar 700 begunstigdes wat met geskenkpakkies en musiek bedien is, vir sommige is dit hul enigste kersgeskenk oor die feestyd. Musiek bring ook nostalgie en samesyn wat so belangrik is in die lewe van ouer mense wat so maklik van vergeet word. Sharon de Kock, stigter van Senior Serenade en twee vrywilligers Cherise Louw (13) en Ilané van Wyk sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te gesels oor die betekenis van hierdie projek en ook om die publiek te nooi om betrokke te raak en skenkings te maak. Kontak Sharon gerus by 082 434 7501.
30 Oct English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

Vrystaat Kunstefees 2027: Aansoeke is oop

Die verhoë staan dalk nog leeg en die ligte is af, maar agter die skerms is die voorbereidings vir die 2027-Vrystaat Kunstefees reeds aan die gang. Aansoeke vir die Hooffeesprogram en Vrynge is oop, en kunstenaars, vervaardigers en kreatiewe mense word uitgenooi om hul werk vir oorweging voor te lê…
23 Oct 9 min

Zayden Venter slaan die regte note in akademie, sport en musiek

Zayden Venter, ’n graad 7-leerder van Bloemfontein, is ’n jong presteerder wat op verskeie terreine uitblink. Of dit nou akademie, sport of musiek is, hy wys dat toewyding, harde werk en passie ’n mens ver kan bring. Veral sy talent vir tromspel het hom die afgelope jaar besondere erkenning besorg…
23 Oct 2 min

Kevin Leo bring sy stem en liefde vir sang terug na Suid-Afrika

As jy Kevin Leo se stem hoor, weet jy dadelik wie dit is. Die geliefde Suid-Afrikaanse sanger, wat deesdae in Panama, Suid-Amerika, woon, maak hom gereed vir ’n besoek aan Suid-Afrika in Oktober en November 2026. Hy sluit by Ashmund Martin aan in OFM Kunsteklop om meer te vertel oor…
22 Oct 5 min

NWU Gallery wraps up 2026 with dual student exhibition

The NWU Gallery is proud to present the NWU Zine Fest 2026, a Social Anthropology student exhibition exploring the zine as an open form of de-colonial writing and making. The exhibition will be on from 19 to 23 October at the main gallery on campus. The second exhibition is the…
6 Oct 4 min

Mother Tongue exhibition in Kimberley allows art to become the language spoken

The first solo museum exhibition by South African artist Anastasia Pather is being hosted at the William Humphreys Art Gallery in Kimberley till 26 November 2026. The exhibition marks a significant milestone in the artist's career and reaffirms the gallery's commitment to providing a platform for artists whose work expands…
2 Oct 4 min