
EFF eis toegang tot beweerde geheime staatsoperasie
Loading player...
Die EFF het 'n dringende aansoek by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien waarin hulle toegang versoek tot hofrekords in 'n bedrogsaak van 12-miljoen-rand, waarby twee voormalige beamptes van die Staatsveiligheidsagentskap betrokke is. Dit volg na bewerings dat die agentskap 'n geheime staatsintelligensie-operasie befonds het om inligting te verkry oor die party en sy interne aktiwiteite, insluitend sy parlementêre koukus. Die adjunkpresident van die EFF, Godrich Gardee, het aan Newzroom Afrika gesê hulle versoek toegang tot transkripsies van die ope-hofverrigtinge, bewysstukke en ander tersaaklike hofdokumente:

