
Nanso het nie Erasmus+-fondse misbruik: EU in Namibië
Loading player...
Die Europese Unie-afvaardiging in Namibië het Nanso vrygespreek van bewerings dat Erasmus+-fondse misbruik is. Die Europese Uitvoerende Agentskap vir Onderwys en Kultuur het sy ondersoek afgehandel en geen bewyse gevind van die misbruik van fondse wat kragtens die SHINE-projek toegeken is nie. Ian Dupont, die EU se waarnemende hoof van die sending, sê Nanso is 'n implementeringsvennoot van die projek en het onlangs, as deel van sy projekaktiwiteite, 'n spesifieke plenêre sessie tydens sy Nasionale Kongres gereël.

