
Donderdag, 12 November 2026
Loading player...
In jou finansiële nuus vanoggend: Is Namibië se nismarkte vir tafeldruiwe en dadels in gevaar met Suid-Afrika wat na nuwe afsetgebiede soek omdat sy Agoa-status in gedrang is? Ons gesels met Simonis Storm-ontleder, Almandro Jansen. En moet die regering 'n aandeel in Namibiese besighede besit? Presidensiële mediasekretaris Jonas Mbambo dink nie so nie.

