Kosmos 94.1 Kosmos Kapitaal

Kosmos Kapitaal

Kosmos Kapitaal is Kosmos 94.1 se toegewyde finansiële platform wat daarop gemik is om finansiële kennis toeganklik, verstaanbaar en relevant vir elke Namibiër te maak.

Hier vind jy betroubare inhoud oor persoonlike finansies, begrotings, spaar, beleggings, die ekonomie, sake, marknuus en praktiese geldwenke – alles eenvoudig verduidelik deur kundiges en bedryfsleiers.

Of jy nou jou finansiële kennis wil uitbrei, beter geldbesluite wil neem of op hoogte wil bly van die jongste ekonomiese verwikkelinge, bied Kosmos Kapitaal professionele, insiggewende en maklik verteerbare inhoud wat jou help om met groter vertroue jou finansiële toekoms te bestuur.
Daily English Namibia Business · Investing
48 Episodes
1 – 20

Vrydag, 2 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: ReconAfrica gaan sy jagtog na gas in Kavango-Wes met tegnologie aanpak wat 'n eerste vir die groep en vir Namibië gaan wees. ReconAfrica se uitvoerende hoof, Brian Reinsborough, vertel ons meer. En: Die prysmonster is besig om op te warm om 'n inflasiekoers van meer…
2 Oct 12AM 2 min

Donderdag, 1 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Stadig, maar seker: Dis hoe Namibië sy ontluikende oliebedryf moet ontwikkel, sê 'n professor Jenik Radon van die toonaangewende Columbia-universiteit in Amerika. Ook in vanoggend se KosmosKapitaal-nuus: Paratus Namibië het in sy afgelope boekjaar miljoene belê, maar moes die prys daarvoor betaal.
1 Oct 12AM 3 min

Woensdag, 30 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Hoekom vry Amerika deesdae so kliphard na Namibië en wat het kunsmatige intelligensie daarmee te doen? Die VSA se ambassadeur aan die land, John Giordano, het die antwoord. En dis darem lekker as 'n maatskappy met 'n rekordwins kan spog - soos Nictus Holdings in…
30 Sep 12AM 3 min

Dinsdag, 29 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Die plaaslike indeks van die Namibiese Effektebeurs het Maandag 'n bul van 'n dag gehad met al die bankgroepe wie se aandeelpryse rekordhoogtes bereik het. Deon Gous, ontleder by Cirrus Capital, verduidelik wat dié stormloop veroorsaak het. En: NamBrew se tussentydse resultate het baie van…
28 Sep 11PM 3 min

Maandag, 28 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Elke sent help - meer oor die Ondersteuningsfonds vir Bek-en-Klouseer en die belangrikheid daarvan. En ons gesels met Simonis Storm-ekonoom, Almandro Jansen, oor die kus wat 'n miernes van boubedrywighede is.
28 Sep 12AM 3 min

Vrydag, 25 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Lang rye, leë winkelrakke en trollies vol vleis - baie verbruikers het Donderdag paniekerig reageer op die nuus dat bek-en-klouseer sy klou op 'n plaas in die Suide ingeslaan het. KosmosKapitaal praat met Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen oor verwagte tekorte, pryse en wat die uitbreking…
25 Sep 12AM 3 min

Donderdag, 24 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Die uitbreking van bek-en-klouseer in Namibië is 'n geweldige slag vir die ekonomie, waarsku Romé Mostert, direkteur van Cirrus Capital. En asof dit nie genoeg slegte nuus is nie - rentekoerse is Woensdag in Suid-Afrika verhoog en almal sit op hete kole oor of die…
24 Sep 12AM 3 min

Woensdag, 23 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Klimaatsverandering se ekonomiese impak raak toenemend 'n kopseer vir herversekeraars soos NamibRe. En in Washington het president Netumbo Nandi-Ndaitwah aan Amerikaanse sakelui gesê Namibië is oop vir besigheid, maar daar is voorwaardes verbonde aan vennootskappe.
23 Sep 12AM 3 min

Dinsdag, 22 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Groenwaterstof, olie, gas en selfs steenkool sou Namibië dit ontdek - niks sal in die land se pad staan om verskillende energiebronne te gebruik om te ontwikkel nie, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah in New York gesê. En: Die Bank van Namibië vorder goed met die…
22 Sep 12AM 3 min

Maandag, 21 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Data is groot besigheid in Namibië - amper 'n miljard dollar is in die tweede kwartaal vanjaar hieruit verdien. En: 'n Reuse-afvaardiging is in die Groot Appel in Amerika om onder meer die land as 'n beleggersbestemming te bemark.
21 Sep 12AM 2 min

Vrydag, 18 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Plaaslike handelsbanke maak groot geld, verseker, maar hulle pomp ook miljarde in die ekonomie in. KosmosKapitaal kyk vanoggend na Capricorn Group se reusebydrae die afgelope boekjaar. Ons gesels met die uitvoerende hoof van die groep, David Nuyoma, en die finansiële direkteur van die groep, Johan…
17 Sep 11PM 3 min

Donderdag, 17 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Minstens 1 300 mense is hul werk in net drie maande kwyt ... en dit raak duisende ander Namibiërs se lewens. KosmosKapitaal praat met die voormalige ekonomiedosent, dr. Omu Kakujaha-Matundu, oor dié ekonomiese slag. Daar's darem ook 'n bietjie woema-nuus in vanoggend se KosmosKapitaal: IJG…
17 Sep 12AM 3 min

Woensdag, 16 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Met die prysmonster al swaarder op die verbruiker se rug, gaan Namibiërs les opsê in die afsienbare toekoms. KosmosKapitaal praat met Ida Williams, 'n ontleder by Cirrus Capital, oor die perfekte storm wat in die kosmandjie aan die broei is.
16 Sep 12AM 3 min

Dinsdag, 15 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Die oggendstond het goud in die mond, sê hulle. Nie net die oggend nie, maar ook Namibië se uitvoere van dié gesogte kommoditeit. KosmosKapitaal praat met Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen oor hoekom gouduitvoere se syfers so blink.
15 Sep 12AM 2 min

Maandag, 14 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Banke en groot winste - maar wat beteken dit vir die sakesektor? FirstRand Namibia se uitvoerende hoof, Conrad Dempsey, vertel meer van dié groep se bydrae in sy afgelope boekjaar. En ons hoor by Bennett Kahuure, direkteur van parke in die ministerie van die omgewing…
14 Sep 12AM 3 min

Vrydag, 11 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Dis daai tyd van die jaar - genoteerde maatskappye se finansiële resultate klingel groot geld. KosmosKapitaal loer vanoggend na FirstRand Namibia se boeke en gesels met Ben Jooste, uitvoerende hoof van Oryx Properties, oor dié eiendomsgroep se jongste vertoning.
10 Sep 11PM 3 min

Donderdag, 10 September 2026

Uraan sorg toenemend vir 'n BOEM! in Namibië se uitvoerverdienste. En dit gaan net al meer harde kontant verdien. KosmosKapitaal hoor hoekom by Greg Field, uitvoerende hoof van Deep Yellow van Tumas-faam, wat tans die Wêreldkernsimposium in Londen bywoon.
9 Sep 11PM 3 min

Woensdag, 9 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Die tier in die tenk van Namibiese motoriste brul sedert die begin van die konflik in die Midde-Ooste al kwaaier. Brand daar 'n flouer prysliggie iewers voor 'n die spreekwoordelike wapad? KosmosKapitaal het by Cirrus Capital-ontleder, Pandu Shaduka, gaan kers opsteek. En die Namibia Professional…
9 Sep 12AM 3 min

Dinsdag, 8 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Met apologie aan Kurt Darren - ons wil almal huis toe gaan, maar behalwe dat ons nie 'n huis kan bekostig nie, kan ons skaars 'n los lappie grond kry om een daarop te bou. KosmosKapitaal het by Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen gaan aanklop om…
8 Sep 12AM 3 min

Maandag, 7 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Bars of betaal, daai's die wet van NamRA se nuwe regulasies vir in- en uitvoerders later vanjaar. Meer hieroor in die bulletin. Ons het ook die jongste mynbounuus.
7 Sep 1AM 3 min
1 – 20