R20 000 borgtog vir voormalige ANC-raadslid aangekla van moord

Loading player...
Borgtog van R20 000 is vandag aan ‘n voormalige ANC-raadslid van die Tokologo plaaslike munispaliteit, wat teregstaan op die moord op sy vrou, toegestaan.

Die 33-jarige Maphaboli Godfrey Maphobole, sal weer môre in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Hy staar ondermeer klagtes van moord en dwarsboming van die gereg in die gesig.

Hy word daarvan aangekla dat hy sy vrou, Thulani, op 27 November verlede jaar in hul huis in Langenhovenpark, Bloemfontein, vermoor het. OFM-nuus se Mark Steenbok berig dat daar vrese bestaan het dat Maphobole hom moontlik om die lewe sou bring indien borg toegestaan sou word.

Mark Steenbok/OFM Nuus
18 Jan 2016 6AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Free State treasury MEC Ketso Makume and HOD,

OFM News, in touch with your world. Covering local and national news focusing on the Free State, Northern Cape, North West and the Vaal. See more: https://www.ofm.co.za/News
17 Mar 9AM 13 min