Interne ondersoek na ontsnapping van verdagtes ingestel

Loading player...
‘n Interne ondersoek is ingestel na die ontsnapping van vier verhoorafwagtende mans wat uit 'n polisievangwa in Brits, Noordwes ontsnap het.

Die polisie is steeds op soek na die mans, wat as gevaarlik beskryf word.

Gontse Lubisi, Gibson Msimango, Chris Sithole en Alfonso Mpofu het in die ry op die N4-snelweg uit die vangwa gespring. Sithole en Mpofu staan saam met twee ander tereg op vier aanklagte van verkragting, een van moord en een van roof.

Polisiewoordvoerder, Leonard Hlathi, sê die moontlikheid dat Lubisi en Msimango betrokke was by ‘n plaasaanval in Noordwes waartydens ‘n bejaarde egpaar vasgebind en gemartel is, word nog ondersoek.
7 Feb 2016 1AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Mlungisi Maqubela

Mlungisi Maqubela the head of communications of the department of public works, and infrastructure talking about the veterinary hub for Ladybrand
16 Mar 8AM 9 min